Ask an expert
Question

23 Jan 2008

Aspavor atorvastatien
Hello doktor

My cholestrol is 6.5 my slegte cholestrol is 4.9, dit is nogal baie hoog aangesien ek op ander cholestrol pille was en nou net 'n maand daarvan af is. Simvastatin het vir my spierpyne gegee en baie moeg laat voel. Die doktor het nou vir my op aspavor atorvastatien gesit. Die genetiese medisyne vir Lipator. Ek was aanbeveel om dit in die aand te drink (20mg) maar vind dat ek glad nie kan slaap nie dit hou my wakker en ek bly angstig? Kan dit 'n "side effect wees" of is my liggaam net besig om gewoond te raak? Ek drink baie water maar is nogal bekommerd oor my niere? Ek drink elke dag 'n biostrath tablet en ook Mercilon voorbehoedmiddel. Kan cholestrol en die PIL nie teen mekaar werk nie? En kan dit nie die pil beinvloed nie.

Ek hoop maar met die cholestrol pille waarop ek vir altyd moet bly aangesien van oorerflike cholestrol van my ma se kant help want ek is seker een van die gesondste mense wat ek ken.
Answer 4,234 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Kasandra
Dit kan slaaploosheid veroorsaak. Probeer dit soggens drink en kyk of jy nie beter slaap nie? Dit kan die hormoon vlakke van die pil in jou liggaam verhoog weens die effek wat dit op jou lewer het maar sal dit nie on-effektief maak nie. Dit sal nie jou niere beinvloed nie maar jou lewerfunksies moet gereeld getoets word.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.