Ask an expert
Question

05 Feb 2013

Baie moeg
Ek is ongeloof.ik moeg, staan moeg op. ek drink eltroxin voor ek gaan slaap. Dr het yster en skildklier weer geoets maar se waardes is nou reg. ek probeer 5-6 keer oefen ''n week en eet gebalanseerd. Hyt vir my ''n inspuiting gegee maar dit het niks gehelp nie
Answer 2,063 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Re
Daar is so baie faktore wat 'n rol kan speel wat uiterste moegheid aanbetref, bv: bloedarmoede a.g.v gebrek aan yster (dit is getoets en uitgeskakel) of a.g.v. vitamien B12-gebrek (nog nie getoets nie; skildklierprobleme (jy neem alreeds skildklieraanvulling met Eltroxin); bloedsuikervlakke, insulienweerstandigheid, tipe 2 diabetes - nog nie getoets nie; elektrolietwanbalans - te lae kalium, natrium, magnesium of kalsium; depressie (moet altyd as 'n moontlikheid ondersoek word); hartprobleme of ander ernstige onderliggende oorsake. Ek kan net voorstel dat jy probeer om 'n internis te spreek sodat al die nodig toetse gedoen kan word en jy kan uitvind watter van die baie verskillende oorsake hier 'n rol speel.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9321 votes
No
67% - 18659 votes
Vote