Ask an expert
Question

11 Aug 2010

Behandeling na 6 mnde gestaak??? Wat nou?
Hi Dr. Bets,

Ek was vanaf Desember 2009 tot einde Jun. 10 op Cipralex soos my Dr. voorgeskryf het. Ek was onder die indruk dat wat ook al verkeerd was met my " vlakke"  weer normaal sal wees na 6 maande het het toe van die pille afgegaan. Gelydelik met my Dr. se toestemming. Ek voel aaklig!! Depressief, mislik, buierig, teneergedruk met geen hoop vir die dag van more nie. Wat wel weer teruggekom het - tot Manlief se verligting - is my labido, maar nie eers dit laat my beter voel nie. Ek het anti-depresante nodig soos Cipralex wat goedkoper is, en nie my seks-lewe aantas nie - Kan u enige iets voorstel???
Answer 620 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Vertragie
Moenie sleg voel nie - miskien is jy net een van die mense wat wel 'n lae dosis antidepressant konstant moet gebruik. Daar is van die middels wat minder libido onderdrukkend is soos Welbutrin of Remeron of Serzone. Bespreek met jou dokter want mens hoef nie (en behoort nie) so aaklig te voel die heel tyd nie. Mense met diabetes en onderaktiewe skildkliere word behandel, so hoekom nie mense met lae vlakke van serotonien nie!?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.