Ask an expert
Question

06 Mar 2003

Bekommerd oor gewig
Vandat my dogter op Ritalin is, het haar konsentrasie en skoolwerk werklik verbeter, maar sy verloor gewig en is baie lusteloos. Is dit normaal dat sy gewig sal verloor en so voel?
Answer 636 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Pikkie
Neem jou dogter onmiddellik na 'n kinder psigiater sodat hy/sy haar groei en reaksie op die medikasie kan moniteer. Ritalin werk uitstekend vir die meerderheid kinders, maar dit kan die eetlus belemmer en groei vertraag. Dit is dus noodsaaklik dat all kinders wat Ritalin-terapie ontvang, noukeurig deur 'n deskundige gemoniteer moet word. Die geneesheer sal moet besluit of die dosis aangepas moet word, ens.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.