Ask an expert
Question

12 Jul 2011

Bewe arm
Hallo dr

Asb help my, ek het 20jaar terug n skildklier operasie gehad nadat ek 14kg in n maand verloor het, het nog geen gewig weer opgetel nie, skildklier toetse wys normaal. Het ook n regterarm wat baie bewe met pyn in skouerblad waar spier erg brand, wat is die oorsaak en wat kan ek gebruik? is al moedeloos.

Dankie
Hannetjie
Answer 1,768 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hannetjie

Ek stel voor dat jy 'n fisioterapeut vir massering en oefening konsulteer om jou pyn te verlig. Jy kan Robaxin 750mg, twee tablette, vier keer per dag vir die eerste dag en daarna twee tablette, twee maal per dag gebruik om spierspasma te verlig. Gebruik hierdie medikasie vir te minste 7 dae. In kombinasie hiermee, kan jy Myprodol, twee kapsules, drie keer per dag met etes vir ten minste 5 dae.

Vra jou dokter vir 'n voorskrif vir Trepilene 10mg wat jy in die aand kan drink. Dit werk goed vir kroniese pyn en spierspasma.

Indien jy geen verbetering toon na die gebruik van die medikasie en konsultasie met 'n fisioterapeut nie, moet jy jou dokter vir 'n x-straal en 'n MRI van jou nek konsulteer.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9328 votes
No
67% - 18828 votes
Vote