Ask an expert
Question

26 Jul 2010

blaasinfeksie en hoofpyn
Goeiemore dokter Bets,##EK het van Donderdagaand af n ongelooflike hoofpyn. Geeneen van my gewone medikasie vir hoofpyne (Lenadol, Grandpa pille, Ibuprofen of Gen Payne) het gehelp nie. So is ek gister dokter toe, sy se toe dis blaasinfeksie en ook ligte sinusitits. Het vir my antibiotika gegee asook Synap Forte vir die pyn. Dis die eerste keer dat ek hoor blaasinfeksie kan hoofpyne veroorsaak? Die hoofpyne is wel baie beter op die oomblik, maar beslis nog nie heeltemaal oor nie. Kan dokter dalk bietjie meer lig werp.

Dankie.
Answer 2,978 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo wonder maar net
Ja, nierinfeksie kan naarheid en hoofpyn veroorsaak - weet nie of dit die onderliggende koors is of die feit dat die nier dalk nie optimaal kan werk nie, maar ons sien dit nogal baie. Sien ook http://www.headacheexpert.co.uk/HeadachesCausedByInfection.html
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.