Ask an expert
Question

16 Jul 2010

blocked nose
Ek is 30 jaar oud. My hoof probleem is ''n toe neus "  en post nasal drip. Twee jaar gelede allecet sinus en hooikoors tablette begin gebruik. Dit werk goed. So twee weke gelede het my toe neus probleem weer begin, en gebruik ek tans sinutab neus sproei. Dit werk goed, maar ek wil graag weet is daar nie iets op die mark wat ek kan gebruik om probleem op te los nie. Ek wil nie graag neus sproei gebruik nie.
Answer 2,046 views
Expert
Sinus Expert
Sinus Expert

01 Jan 0001

Toe neus kan veroorsaak word deur of mukosale of strukturele probleme in die neus. Struktureel sal probleme soos septumdeviasie wees wat dikwels chirurgiese behandeling benodig. Mukosale probleme soos allergie kan met vermyding van allergene en medikasie dikwels beheer word. Allecet is 'n antihistamien wat as dit suksesvol was daarop dui dat allergie waarskynlik 'n rol speel. Dikwels word die liggaam gewoond aan 'n antihistamien en werk dit nie meer nie. Dan kan 'n ander antihistamien probeer word. Indien steeds geen sukses moet 'n dokter evalueer of daar nie 'n strukturele probleem ook is nie. Kortisoon neusspuite is baie suksesvol in die behandeling van allergie en postnasale drup en word sterk aanbeveel
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18609 votes
Vote