Ask an expert
Question

21 Jan 2003

Blou kolle
Ek kry deesdae baie maklik blou kolle, is daar fout en is daar 'n manier om hulle vinnger weg te kry.
Answer 6,448 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Tammy, dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek en die resultate van jou toetse voor my te hê nie. Ek moet sê dat dit klink asof daar verhoogde fragiliteit van jou are is en dit kan as gevolg van iets onskuldig soos purpura simplex wees. Purpura simplex is die mees algemeenste vaskulêre bloedings toestand en word gekenmerk deur verhoogde kneusing as gevolg van verhoogde vaskulêre fragiliteit. Dit is mees algemeen in vroue en kneusings ontwikkel sonder enige geskiedenis van trauma op die dye, boude en boarms. Daar is geen geskiedenis van ander abnormale bloeding nie, maar daar mag familielede wees wat met dieselfde probleem sukkel. Lyers het ‘n normale vol bloed telling en stollings profiel, en geen geneesmiddels werk om dit te voorkom nie.
Die probleem is dat dit ook as gevolg van iets meer sinister mag wees en dis om hierdie rede dat ek dink dat dit die beste sal wees om eerder ‘n hematoloog te gaan sien. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.