Ask an expert
Question

26 Mar 2007

Chocolate
Hallo

Ek het besluit om 'n leefstyl verandering te maak wat my eetgewoontes aanbetref. Ek het 'n dieetkundige gaan sien en 'n eetplan gekry. Ek volg die eetplan en probeer om sover moontlik lae GI kosse te eet. Daar 3 porsies suiker en 3 porsies vet 'n dag in my eetplan ingesluit, gebruik moet word vir konfeit en botter ens. Ek wil graag weet of dit moontlik is dat ek een maal 'n week of elke 2 weke 'n chocolate kan eet omdat ek 'n vreeslike soettand het. Wat moet ek verruil vir die chocolate? Bv 1 porsie carbo en 2 porsie vet en 2 porsies suiker of hoe?
Answer 956 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Emma
Ja, jy kan wel 1 porsie suiker en 1 porsie vet vervang met 2 blokkies sjokolade. Wees net versigtig dat die sjokolade jou nie 'verlei'! en dat jy dan begin om elke dag te peusel en stadigaan meer en meer sjokolade eet nie. Sjokolade bevat stowwe wat mens kan laat 'verslaaf' raak en voor jy weet, eet jy elke dag daarvan en tel weer gewig op.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.