Ask an expert
Question

05 Feb 2009

Cholesterol medikasie?
Dr ek wil graag ' n tweede opninie inwin. Ek het 2maande terug toetste laat doen vir algemene gesondheid by my dr. My cholesteroltelling was 7.9. Ek het navraag gedoen, want ek het die dr misverstaan en het geglo ek moet nou medikasie neem vir my cholesterol asook ' n gesonde eetplan. Ek het reeds begin met die eetplan, en het verneem wat gebeur met die medikasie. Die dr se antwoord is, dat ek nie nou medikasie nodig het nie, maar net die eetplan en gesonde leefwyse moet volg en dan kan ons weer na 6 maande toets. Ek het ook hoe bloeddruk gebruik medikasie. Is dit veilig om nie op hierdie stadium geen medikasie vir die cholesterol te neem nie? Ek is 44 jaar oud.
Answer 7,606 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Marlise,
Ek dink jou dokter wil kyk hoeveel van jou hoe cholesterol is dieet verwant en hoeveel is oorerflik. Mens moet jou cholesterol so by 5 kry verkieslik, maar hoe minder cholesterolmedikasie jy kan gebruik, hoe beter, dit kan nogal newe effekte soos seer spiere en gewrigte veroorsaak veral by die hoër dosisse. Volg jou cholesterol op oor 3 maande, as dit begin afkom het, kan jy dan nog 3 maande dieet volg en kyk of jy dit tot by 5 kan kry met dieet alleen. As daar nie veel van 'n verskil is nie, is medikasie dalk nodig.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18608 votes
Vote