Ask an expert
Question

05 Oct 2009

depo en gewig
Ek het Agu. 2008 by Curves aangesluit en in Feb. 2009 het ek so 10kg verloor. Nou het ek dit weer alles op getel. Ek het Feb.2009 vir die eerste keer die depo insluiting ( vir voorbehoeding) ek het nou al 3 keer die insputing gekry is dit dalk n rede vir my gewig wat ek weer opgetel het?
Answer 675 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Linda
Vroulike hormoonpreparate soos die pil, inspuitings, ens, en hormoonaanvullingsterapie, kan potensieel gewigsverlies of -toename veroorsaak afhangende van die individuele persoon se reaksie. Indien jy nog steeds geoefen het en nie meer energie ingeneem het sedert Feb 2009, dan is dit wel moontlik dat die inspuitings jou laat gewig aansit het. As jy egter opgehou het om te oefen en jou dieet verander het, dan is dit dalk hierdie veranderings in leefwyse wat verantwoordelik is vir die gewigstoename. Gesels gerus met jou dr oor hierdie inspuitings as jy reken dit was die rede vir die gewigstoename, want jy kan tog ander soorte voorbehoeding gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9322 votes
No
67% - 18699 votes
Vote