Ask an expert
Question

16 Aug 2007

DIAB SNACKS
Wat kan n diabeet saam met hulle dra om te gebruik in geval van n onverwagse lae bloeduiker aanval.

Dankie
Answer 532 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Rens
Ek vertrou dat jy al reeds 'n kliniese dieetkundige (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind) gespreek het vir 'n spesifieke diabetiese dieetvoorskrif (dit is essensieel)?? As jy so 'n dieetvoorskrif noukeurig volg, behoort jy min lae bloedsuikeraanvalle te ondervind. As jy nog nie 'n dieetkundige gesien het nie, wil ek dit sterk aanraai. Algemeen gesproke, moet diabete koolhidrate met 'n hoë glisemiese indeks (GI) saam met hulle dra om te eet of te drink wanneer hulle wel 'n aanval beleef, bv. suiker, lekkergoed, energiedrankies, vrugtesap, en selfs versoete koeldrank. Dit is egter beter om versnaperings soos droë vrugte en neute, Provitas en kaas, of lae-GI kosse saam te dra en dit te gebruik voor die aanval kan begin, bv as jy weet jy gaan 'n maaltyd oorslaan of as jy gaan oefen.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9260 votes
No
66% - 17821 votes
Vote