Ask an expert
Question

28 Mar 2007

Dieet wat nie wil werk nie
Ek is tans al vir 2 maande op 'n Herbalife dieet. Ek drink die Shakes in die oggende en Aande en eet 'n klein middag-ete. Ek drink 2 liters water 'n dag en eet tussen deur 1 Appel. Ek gebruik ook nou al vir die afgelope 2 weke Leanor om dit 'n hupstoot te gee omdat ek regtig net nie resultate kry nie en nie die gewig kan verloor nie. My BMI is 24 en ek wil graag so 6kg verloor sodat ek 'n BMI van 22 kan hê. Ek doen nie oefening nie - kry nie tyd daarvoor nie. Was al by dokter en het Hormone, skildklier en volbloedtelling laat doen, maar als normaal. Hoekom kan ek net nie die gewig verloor nie? Ek is al besig om moed op te gee.
Answer 1,849 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Agie
Stop die pille want dit veroorsaak te veel nadelige newe-effekte insluitend verslawing. Jy sal wel gewig verloor as jy 'n gebalanseerde, lae-vet, hoƫ-vesel-dieet probeer (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan). As mens naby is aan jou ideale gewig dan is dit dikwels moeilik om daardie laaste paar kg te verloor. As jy volkome gesond is, behoort jy daaglikse oefening te doen om gewigsverlies aan te help en jou metabolisme te stimuleer.
Wees versigtig
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.