Ask an expert
Question

01 Feb 2008

dieetplan
My dogtertjie is 4 en 'n half jaar oud. Sy is baie hardlywig. Kan ek asb. 'n dieet kry wat haar sal kan help.

Baie dankie
Answer 541 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Denise
Een van die beste maniere om hardlywigheid teen te werk in jong kinders is om elke dag vir hulle gestoofde droƫ vrugte te gee saam met hulle ontbytgraan (bv. pruimedante, appelkose, ens). Maak ook seker dat jou dogtertjie genoeg vloeistof inneem (water, vrugtesap, rooibos tee) en dat sy elke dag aktief is (neem haar vir stappies of laat haar swem) want oefening prikkel die spysverteringskanaal. Dit is ook 'n goeie idee of goeie mikroƶrganismes of probiotika vir haar te gee - probeer Bifidoforte of Bifidoflora (koop by apteek of gesondheidswinkel) want dit help ook teen hardlywigheid.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.