Ask an expert
Question

05 Feb 2013

DRO&#235  MOND agv OORDOSIS KALSIUM GENEEM VIR 3 MAANDE
Help asseblief.....

Ek is raadop en was al by soveel dokters en was selfs al in die hospitaal vir toets vir Sjorgen''s Desease wat negatief was. Ek het ''n baie droë  mond en ''n baie seer tong as gevolg van ''n oordosis kalsium wat ek myself gedrink het onwetend vanaf Augustus 2012 tot November 2012 toe ek agterkom dat ek nie meer normaal kan praat as gevolg van my droë  mond nie en ook nie meer in die aand slaap nie.

Ek het dadelik self begin ondersoek instel nadat my huisdokter vir my gesê  het dat dit moet medisyne wees wat ek drink. Ek het alles ge-analiseer en toe met skok agtergekom dat ek elke dag 3000mg kalsium ingekry het in Augustus, September en November in Oktober het ek gelukkig uitgehardloop uit die een produk. Ek het vir baie jare 500mg x2 gebruik wat my dokter vir my aanbeveel het na my historektomie en dan het ek ook Centrum vir persone bo 50 gedrink al vir jare. Ek is 55.

Ek het toe in die begin Augustus in die Health shop ingegaan om Vitamines te koop vir my gestremde seun en die persoon het toe aanbeveel dat ek liewer ''n beter Multi vitamine moet gebruik.. Ek het nagelaat om die label te lees en nooit gesien dat dit gevat 1000mg kalsium nie. Ek het een in die oggend en een in die aand geneem dus is dit al klaar 2000mg en dan ook nog die ander kalsium wat 1000mg is.

Ek kon nie verstaan hoekom my mond so versriklik droog is nie en ook my tong so opgeswel en seer is nie. Die dokters kon nie uitvind wat met my verkeerd is nie, tot ek hul vertel wat ek myself uitgevind het nie. Nou sit ek met die groot gemors. My mond bly nog steeds net so droog, my tong is bietjie beter maar ek kan nie leef met die droë  mond nie en ek bekommer my dood oor my niere en die ander skade in my liggaam.

Help my asseblief want ek weet nie meer waarnatoe om te gaan nie. Die dokters is glad nie behulpsaam nie en sê  net hulle weet nie wat om vir my te doen nie. ASSEBLIEF!!!!

Alett van Zyl

Answer 5,856 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Alett
Ek is baie jammer om te verneem van hierdie probleem wat deur toevallige oormatige inname van kalsium veroorsaak is. Dit is ongelukkig 'n fout wat met mens kan gebeur wanneer jy meer as een supplement gelyktydig inneem. Die enigste raad wat ek kan voorstel is dat jy 'n internis moet konsulteer om te verneem of jy nie dalk behandeling kan ontvang om die oormatige kalsium in jou liggaam te verlaag. Ek het al verneem dat die gebruik van EDTA kan help. Die chemiese verbinding EDTA is in staat om met die swaar metale te bind en word glo ook suksesvol gebruik vir kalsium. In die tussentyd moet jy asb meer water drink om jou niere te help om van die kalsium uit te skei, wat hopelik jou droë mond effens sal verbeter. Dit is belangrik dat jy nie self probeer om hierdie chelaatvorming-terapie toe te pas nie. Laat die internis dit asb vir jou doen.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.