Ask an expert
Question

27 Aug 2007

Drukking op bors
Hi Dokter

Ek het die afgelope paar weke n effense sinusdrup gehad, maar nie te erg nie. Van gisteraand voel dit of iemand hard op my bors druk. En dan hoes ek aanhoudend. Na die hoesery, voel ek lighoofdig. Nou voel dit of die kliere in my nek begin seer raak en ek het n branderige pyn in my nek. Ek is ook vreeslik moeg en naar. Wat kan ek gebruik hiervoor???

Baie dankie vir u tyd
Answer 4,116 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Taz
Ek was nou net deur amper dieselfde ding - ek sou naderhand wolwegif drink as dit sou help vir die hoes!!
Probeer Stodal stroop 15 ml elke 6-8 ure, gaan kry maar 'n antibiotika by jou dokter, klim in die bed en drink iets soos Disprin of Brufen vir die seer lyf. Vra jou dokter moet jou afboek vir 'n paar dae. Sterkte!

Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.