Ask an expert
Question

15 Jul 2010

Eetlus
Hallo Dok.
My eetlus is heeltemal buite beheer! Ek kan net nie ophou eet nie.
Dis asof ek NOOIT versadig voel nie. Die meeste van my " cravings"  is vir stysel. En al die gewig wat ek optel, is gekonsentreerd om my maag. Ek weet daar is een of ander hormoon in jou brein wat jou eetlus beheer? Is daar ''n manier hoe ek hierdie hormoon kan aanvul of regstel, want soos wat ek eet, dink ek myne bestaan nie eers meer nie!

Baie dankie vir jou raad.
Answer 3,478 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste KitKat
Ek dink dat die chemiese stof in die brein waarna jy verwys, serotonien genoem word. Serotonienvlakke in die brein word verhoog deur die inname van proteïene en koolhidrate. Indien mense sulke giere ontwikkel, bevat hulle dieet dikwels te min koolhidrate. Dit is nou hoë-vesel koolhidrate soos volgraanbrood en -ontbytgraan, bruin rys, groente en vrugte, veral dié met 'n lae glisemiese indeks (GI). Ek wil voorstel dat jy die gebalanseerde lae-vet, hoe-vesel-dieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') op hierdie Webwerf probeer. Dit behoort jou behoefte aan lae-vet koolhidrate te bevredig en gelyktydig gewigsverlies aan te help.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.