Ask an expert
Question

19 Mar 2007

Ek is skaam en dom oor die dinge
Wanneer gedurende my maand siklus moet ek en my nuut getroude man versigtig wees om nie swanger te raak nie? Agv geloof, gebruik ek nie die voorbehoed pil nie.
en
Ek het omtrent heel mnd n dik witterige afskeiding, is dit normaal? Ek het gehoor dat iemand se dit is n teken van vrugbaardheid?

Dankie vir u hulp.
SA
Answer 1,676 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Beste SA
Mag julle kondome gebruik? - om net op jou siklus te vertrou is nie baie betroubaar nie. Ek neem aan dat julle so glo omdat julle nie dalk 'n miskraam wil veroorsaak deur goed soos pilletjies of intra uteriene apparate nie?
Jy kan ook dalk 'n diafragma gebruik - dit is 'n dingetjie wat jy insit wat soos 'n dekseltjie ook die mond van die baarmoeder pas en keer dat die spermpies in die baarmoeder ingaan.

As jy egter geen voorbehoed middel kan gebruik nie, gebruik dan verkieslik 'n kombinasie van die slym en die temperatuur metode:sien http://familydoctor.org/126.xml
As jy jou temperatuur neem, doen dit heel eerste voor jy iets drink of uit die bed opstaan. Hou die koorspen vir 'n volle minuut onder jou tong. Skryf die temperatuur neer - dit sal so iets lyk
36.4
36.3
36.5
en dan skielik
36.9
37.1
37.0
dit spring met so 0.5 grade gewoonlik met ovulasie en dit is redelik betroubaar. Probeer om vir 3 dae na jou ovulasie nie gemeenskap te he nie, en onthou dat 'n spermpie 3 dae binne die baarmoeder kan oorleef, so sodra jy sien die slym raak so eierwitterig moet julle maar versigtig wees. Tot 10 dae na die dag wat jou menstruasie begin het en vanaf 4 dae na ovulasie behoort redelik veilig te wees.
Wanneer jy in jou onvrugbare periode is sal die slym dik en wit wees maar nie 'n "lel" vorm as jy van dit tussen jou vingers sit en jou vingers van mekaar weg trek nie. In jou vrugbare periode is dit meer deurskynend en sal 'n "lel" vorm.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18774 votes
Vote