Ask an expert
Question

30 Mar 2007

emosionele verwaarlosing
ek is 42 en my man 47. Ons is getroud vir 25 jaar. Ja ons is baie vroeg getroud. my kinderlewe was nie so goed nie. my man is n wonderlike man en almal hou van hom. hy sorg baie goed vir ons en almal kyk op na hom. hy is altyd beskikbaar vir enige mens se probleme. hy is altyd so happy go lucky en maak altyd grappies. ek is weer baie stil en kom baie stuurs voor. in my ouerhuis was dit amper asof ons eers toestemming moes vra voor ons praat ens. daar was baie min spontane laggies en grappies. my pa was n alkolis. die uiteinde is dat ek nie spontaan is nie. die probleem is dat ek meer nodig het in die huwelik. my man is glad nie die romantiese tipe nie. hy sal die standaard woorde se "jou hare lyk mooi" as ek by die haarkapper was ens, maar daardie bewondering wat ek dink n man vir sy vrou moet he. is nie daar nie. Wanneer ons seks het sal hy nooit my soen of net vashou nie. Hy gaan byna onmiddelik na die privaatdele. Die seks is fantasties maar volgens my net te min. Dit was die een area waar ek aandag, liefde en bewondering gekry het. nou dat dit so min is voel ek afgeskeep en partykeer baie gefrustreerd. ek is oorgewig maar probeer altyd iets daaromtrent doen. ek probeer altyd goed versorg lyk en is baie jonk vir my ouderdom. ek het ’n motorfiets en geniet die lekker dinge in die lewe. ek hou van seks en is nie oudtyds of preuts daaromtrent nie. miskien is ek onrealisties in my verwagtinge. is dit te veel gevra dat my man my moet liefhe (en dit wys) ek verwag nie hy moet heeldag en aldag vir my vertel hoe lief hy my het en soentjies en drukkies nie, maar af en toe darem se hy is lief vir my of as hy nie kan nie n blommetjie gee. Hy het nog nooit blomme in die 25 jaar vir my gegee nie. (ek jok, hy het een keer toe iemand anders sy blomme op die trein vergeet het, het hy dit gebring.
as ek onversorg en verslons was kan ek verstaan dat hy nie aan my wil vat nie. dit is in my mening hoekom so baie vroue val vir ander mans se vleitaal want hulle is uitgehonger vir hulle eie mans se aandag.
Answer 2,663 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Mariage counselling would be a really ood idea --- not because there is something wrong with either of you, but because it's cleaer you could both get more pleasure from your relationship, sexually and emotionally, and you both deserve to do so.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18746 votes
Vote