Ask an expert
Question

11 Feb 2003

Fibromialgie
My 11 jarige seun is 'n week gelede met Fibromialgie gediagnoseer. Hy is voortdurend in pyn: nek, rug, en bors. Die dokter het slegs Aropax voorgeskryf, halwe tablet soggens. Op hierdie stadium is my kind reeds vir 3 weke afwesig, en verloor baie skoolwerk. Die pyne veroorsaak dat sy bene of swaar of gevoelloos raak, wat hom bang maak om te loop. Ek probeer maar troos en bemoedig en weerhou pynstillers van hom. Uit desperaatheid besoek ek al wat 'n webtuiste is wat hierdie siekte lys. 'n Bottel Synthovial 7 is vandag vanaf Amerika versend, wat ek gratis ontvang. Ek wil egter van u weet of daar nie dalk 'n spesialis in Pretoria is waarheen u ons kan verwys nie? Die aanloop tot my kind se diagnose is van so 'n aard dat ek regtig twyfel in my gemoed het. Die onprofessionele optrede van sommige dokters asook verpleegkundiges in die hospitale maak die aanvaarding van hierdie diagnose baie moeilik. Ek hoop dat u tot die kern van my probleem sal deurdring.
Baie dankie
Wilna
Answer 275 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Wilma, Professor Helgard Meyer is een van SA se voorste kenners (indien nie diƩ voorste kenner nie) op die gebied van fibromialgie. E-pos my by cyberdoc@mweb.co.za en ek stuur jou sy details. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9267 votes
No
66% - 17859 votes
Vote