Ask an expert
Question

10 Mar 2003

galblaas
My pa het 2weke terug ernstig siek geword. Omdat hy nie medies het nie is ons met hom na 'n staats hospitaal. Nadat hy deur 2 dokters ondersoek is is vasgestel
dat hy 'n probleem het met sy galblaas. Na verskeie toetse en medikasie het die laaste
dokter besluit om die galblaas te verwyder. Die spesifieke staats hospitaal het my pa 6 ure voor
teater laat wag voordat hy laat weet het hy het my pa verkeerd gediagnoseer en dat hy graag 'n
2de opinie wil kry by 'n spesialis. Die spesialis het toe nooit opgedaag nie en ons is toe met ma pa
na 'n derde hospitaal toe daar het hulle ook bevestig dat dit galblaas is en is ons verwys na nog 'n
staats hospitaal daar het my pa vir 3 dae gele sonder kos of water omdat hulle vergeet het van hom omdat sy kamer agter ontvangs gelee was en hulle nie geweet het dat daar 'n pasient le nie.
Ek en my ma wou vir hom water en skoon klere vat maar is vertel dat indien ons ingaan sal hulle ons laat toesluit omdat dit nie besoek tyd is nie. Hulle het 'n dag later my pa ontslaan en gese hy
moet oor 'n maand terug kom vir die operasie.
Ek wil nou net graag weet my pa is nogsteed ernstig siek en hy kry vreeslik koors en is baie pap.
Ons is raad op en moeg gehuil en ons weet nie meer watse kant toe nie. 'N vrou het ons vertel dat
ons my pa se probleem met 'n dieet kan regmaak sonder dat hy hoef te gaan vir 'n operasie is dit
moontlik, al het hy infeksie. (die dokter het gese sy longe is seer omdat die galblaas die liggaam vergiftig) Kan u my asb raad gee want ons is raadop en ons weet nie meer wat om te doen nie.
Ek is moeg om my pa so te sien ly.
Answer 13,063 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leserin
Dit is te verskriklik - jou liewe pappie het vinnige hulp nodig en sal waarskynlik 'n operasie moet kry om die galblaas te verwyder. Indien hy infeksie het, moet hy ook antibiotika kry. Ek kan net voorstel dat julle a) jou pappie eers na 'n staatskliniek toe vat, dat hulle hom hospitaal toe verwys b) dat julle die plaaslike Raadslid bel en vir hom/haar die storie vertel c) dat hulle koerante-toe gaan met die storie. In die tussen tyd moet julle sorg dat hy genoeg vloeistof inneem (water, vrugtesappe, lae-vet melkdrankie) en enige kos wat hy kan inhou soos bv. jellie, vla gemaak van laevet-melk, gestoofde vrugte (verwyder enige pitte) en een van die maatydvervangings soos Complan om hom op te bou. Hy is tans te siek om met 'n dieet die galblaas toestand reg te maak.
Sterkte - ek dink aan julle en hou styf duimvas dat julle nou gehlope raak.
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9321 votes
No
67% - 18660 votes
Vote