Ask an expert
Question

22 Jul 2011

GALBLAAS ONTSTEKING/STENE
HI EK IS 57 EN HET GEHOOR DAT EK GALBLAAS ONTSTEKING HET . Ek wil graag weet wat ek kan eet en wat ek moet vermy .
Answer 5,426 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Sarah
Ek vertrou dat die dokter wat die diagnose van galblaasontsteking en -stene, die verskillende behandelingsopsies met jou bespreek het? Afhangende van die erns van jou toestand, sal dit miskien aangewese wees om die galstene te laat verwyder? Wat die dieetkundige behandeling van hierdie toestand aanbetref, word dit aanbeveel dat persone met galblaasprobleme 'n baie-lae-vet dieet moet gebruik. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog vir die artikel' Diet in Gallbladder Disease' vir wenke om jou vetinname te verlaag. Indien jy vind dat jy sukkel om hierdie soort dieet toe te pas, sal ek sterk aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir die galblaasprobleme.
Sterkte vorentoe
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.