Ask an expert
Question

24 Mar 2007

Gastritis
Hallo doc. Vir jare al sukkel ek met gastritis. Ek was so 3 en half jaar gelede vir 'n gastroskopie. Die dokter het gese ek het 'n mantelvliesbreuk van so 4 cm. Ek het toe maar net probeer om alles wat my sooibrand gee te vermy. Dit het net erger geword en ek was so 4 maande gelede weer vir 'n gastroskopie. Die gastroentroloog het gese ek het NIE 'n mantelvliesbreuk nie. Hy het toe pantaloc en Lp299v gegee. Ek kry nie meer so baie sooibrand nie, maar het pn. Die pyn(dit voel so branderig en styf) is so in die helfte en regs vanaf my naeltjie en waar my ribbes voor bymekaar kom. Is dit moontlik dat 'n virus die gastritis veroorsaak aangesien ek nie drink rook of pynpille gebruik of gebruik het nie. Ek het ook baie gesukkel met UTI, 'n velprobleem gehad (Staph) en 'n swambehandeling gehad(Sporanox). Kan dit dalk alles veroorsaak wees deur die gastritis? Help asb.
Answer 1,019 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Leonie
Jy het dalk H pylori infeksie - het hulle kwekings gedoen of vir jou antibiotika gegee vir 'n moontlike infeksie? Mens moet ook net goed soos galstene uitskakel. Die ander probleme sal nie deur gastritis veroorsaak word nie.
Lees hier meer daaroor: http://www.health24.com/medical/Condition_centres/777-792-813-1749.asp
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.