Ask an expert
Question

01 Jun 2011

Gastritis?
Kan gastritis veroorsaak dat jou hartklop vreeslik versnel nadat jy geeet het? Dit gebeur al hoe meer met my, ek het al ''n hartsonar en bloedtoetse vir hartprobleme gehad, al wat die kardioloog gese het is dat ek Barlow''s het maar dis nie gevaarlik nie. Ek kan dit nie meer verduur dat my hart so klop nie. Dit sal vir tot 3 ure so aanhou, dit is waarom ek vra oor die gastritis. Ek voel ook vreeslik ongemaklik vir ''n lang ruk na ''n volledige ete. Ek het op die internet gaan kyk vir ''n verduideliking en het gesien dat daar heelwat mense is met die probleem, maar ek sal graag dr se opinie wil hoor oor wat dit kan veroorsaak. Dit is regtig ''n irritasie en iets wat ek nie altyd gehad het nie. Ek is 30 jaar oud. Dankie
Answer 1,071 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Brenda

Gastritis veroorsaak irritasie van die maag se slymvlies en hierdie irritasie kan pyn en gevolglike versnelde hartklop veroorsaak. Dit sal ongelukkig nie verduidelik hoekom jou hart vir so 'n lang periode so vinnig klop nie. Barlow's sindroom kan op sig self hartkloppings veroorsaak.

Vra jou dokter vir 'n voorskrif om jou simptome te beheer.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17787 votes
Vote