Ask an expert
Question

20 Mar 2007

Gebreekte been
Hi Doc

Ek het tydens die onlangse Argus geval en my been gebreek. Ek wil nie vir die vlge 6 weke niks doen en heeltemal onfiks raak nie.
1. Kan ek sodra die been (wat net bo die enkel gebreek is en tot onder die knie in gips is), nie meer seer is nie, weer op `n "trainer" of spinning fiets oefen?
2. Nadat ek geval het, en daar ys op my enkel gesit is, het ek verder gery (sowat 90 km). Ek het nie besef die besering is so erg nie en het eers na die tyd erg pyn gehad en het die been geswel en blou geraak. Het ek die besering vererger omdat ek verder gery het?

Groete
Leonie
Answer 3,603 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Leonie
Jy kon dalk die swelling en bloeding vererger het, maar as jy kon ry was die been breuk waarskynlik nie geskuif nie. Jy sal nie op 'n spinner of oefenfiets kan oefen met die gips nie. Om Kardiovaskuler fiks te bly is die beste om 'n arm fiets te gebruik ( sal by 'n biokinetikus so iets kry om te gebruik) - die pedale sit borshoogte en jy "trap" met jou hande. Jy kan ook sirkel masjien ( circuit) oefeninge doen wat nie die been betrek nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17870 votes
Vote