Ask an expert
Question

24 Jun 2011

Geen seksdrang
Hi, ek is 30 jr oud met twee dogtertjies. Ek het geen seksdrang nie. Ek weet nie hoekom nie, eks baie lief vir my man,niks probleme nie,nie stres nie niks. Ons baklei altyd net oor dit. Ek weet nie wat aan gan met my nie. Dis nou al baie lank wat ek so voel, dit voel altyd soos baie moeite.Is daar enige iets wat mens kan gebruik om weer n lus te kry. Raadop al.My man is nie baie tevrede met dit nie.
Answer 2,996 views
Expert
Sexologist
sexologist

01 Jan 0001

Jammer om te hoor. Ek is bly jy het nie stres of probleme nie, want dit is seker die grootste oorsaak van lae seksdrang (en onthou, partykeer is mens so gewoond aan die daaglikse stres dat jy nie eers meer weet jy stres nie!. Wanneer laas het jy 'n algemene ondersoek gehad ? Hoop jy is gesond? Partykeer moet mens weer aan opwinding werk - vir jouself vertel dat jy 'sexy' is en met jou man kan toor... Die probleem is dat mens op 30 aan jou loopbaan werk, die huwelik, kinders, familie en kort voor lank oorleef jy elke dag, maar leef nie! Wanneer laas het jy en Manlief gaan fliek? Ge-'vry'? Laf gewees? ' n Naweek alleen deur gebring (en moet nie skrik as dit gebeur en julle weet nie wat om te gesels nie!)Dit is dikwels hierdie klein goedjies wat verbygaan en dan verstaan jy nie hoekom mens nie lus is om ander pret te hê nie. As als hierdie in plek is, stel ek voor jy bel ons hulplyn (0860 100 262) en kry verwysing na 'n persoon wat kan help. SASHA
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.