Ask an expert
Question

18 Mar 2003

Gejeuk van lieste en testikels
EK ondervind geweldige jeukerigheid op die oppervlakte van my testikels sowel as in my lies en aan die binnekant van my bene. Dit is gewoonlik rooierig en effens opgehewe. Ek gebruik tans Stopitching maar wil graag weet wat die jeukerigheid veroorsaak. Is dit dalk 'n swam-infeksie wat ek het en wat veroorsaak hierdie gejeuk. Ek is redelik oorgewig.
Answer 7,111 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Andrew, ek dink jy slaan die spyker op die kop – dit klink soos ‘n oppervlakkige swam infeksie. Die beste sal wees om Lamisil® room saam met jou Stopitch te gebruik (2x/d). As dit nie binne ‘n week opklaar nie, sal jy jou dokter moet gaan sien. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.