Ask an expert
Question

03 Jan 2008

Geswelde tong
Hello Dok
Ek vind so een of twee keer 'n maand dat my tong in die nag swel, wat dit verder vreemd maak, is dat terwyl die tong geswel is, dan maak my kake vinnig vanself toe, dan byt ek onwetend my tong self stukkend. Die volgende oggend is alles egter weer normaal. Wat kan dit wees ???
Groete
Answer 6,911 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Toetie
Die gebytery van jou tong is baie keer 'n newe effek van kners op die tande (bruxism) wanneer die kouspiere skielik saamtrek. Tandeknersery word veroorsaak deur stress, 'n angstige tipe persoonlikheid, as newe effek van sekere anti depressant medikasie, stimulante soos kaffeien, dekongestante, sinusprobleme of slaap apnee.
Jou tandarts kan vir jou 'n plaatjie maak waarmee jy kan slaap wat dit sal voorkom. So gebyte tong is darem baie seer! Jy kan Kenalog in Orobase salf op die stukkende plek sit om dit gouer te laat genees.
dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18601 votes
Vote