Ask an expert
Question

27 Jun 2011

Geval!
HI Dr, hierdie is namens my sus, haar stuitjie is verwyder en 5 weke daarna moes sy dringend ''n nekfusie kry, sy sukkel geweldig met wanbalans, as sy lê  draai alles om haar en as sy dan moet opstaan val sy, het die naweek haar kop oopgeval en toe haar man haar optel het sy weer in sy arms haar bewussyn verloor, dit is mos nie normaal nie??? die dr het kortisoon voorgeskryf en sê  dit kan agv sinus wees of " kristalle"  in haar ore wat versteur raak? ek is regtig bekommerd en het aangedring dat sy moet terug na haar neuro-chirurg vir sy opinie wat haar nou gestuur het vir dringende x-strale om te sien of haar nek nie weer seergekry het nie, wat dink u? Baie dankie, ek worry my dood! Hy sê  ook sy het harsingskudding agv die harde val!
Answer 1,115 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Charlotte

As gevolg van die operasie is dit moontlik dat daar geringe drukking op haar spinale koord is met moontlike outonome disfunksie en gevolglike posturele hipotensie. Soos drukking en swelling verminder in die omgewing waar geopereer was, behoort haar simptome te verdwyn. Ek stel voor dat julle wag vir die uitslae van haar x-strale, aangesien ek nou net kan spekuleer oor moontlike oorsake.

Voel egter gerus om enige verdere navrae aan my te rig.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17785 votes
Vote