Ask an expert
Question

30 Jun 2005

Gewas op die brein
Dokter, ek probeer eerste u spesialiteit aangesien dit is waar die probleem geïdentifiseer is. My sus, 34 jaar oud, is gebore met hemagiome en sukkel vandag na vele operasies nogsteeds. Gedurende 1994 het sy skielik melk geproduseer en gekla van dubbel visie. 'n Gewas milimeters van haar hipofiese klier af is ontdek - dit het effens gebloei, maar met verdere skanderings wou dit voorkom asof dit gestop het. Haar hormoonvlakke is heel abnormaal en verlede week het sy weer vir skanderings gegaan - die gewas het met +/- 1,5 mm vergroot en het nou 'n "skertjie". Ons is baie bekommerd. Sy het haar plate na die spesialis gekoerier, en wag vir 'n afspraak. U kan nie dalk vir my inligting gee oor hemagiome nie en kan dit wees dit ook op 'n brein nou is. Wat dink u andersins van die gewas? Kan dit kwaadaardig wees en wat is u mening rondom 'n operasie. Wat is die risiko's. Ek wil net noem dat my oupa ook 'n gewas by sy hipofiese klier gehad het, geopereer was en nooit daarna dieselfde was nie - hy is 15 jaar gelede oorlede. My sus is onder spesialiste, maar vir my eie gemoedsrus, wil ek graag verder inligting verkry.
Answer 1,990 views
Expert
GynaeDoc
gynaedoc

01 Jan 0001

I think haemangiomas of the brain are quite rare, but this is not really my area of expertise. If she has a prolactinoma, I can give you further advice but if the growth is outside her hypophysis as you seem to suggest, that would be a neurosurgical problem and I would not be able to comment.

Best wishes
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.