Ask an expert
Question

08 Dec 2005

GEWIG !!!!!
Die ewige ou probleem. Ek wil so graag gewig verloor - het al hoeveel goed probeer - van weigh-less tot die inspuiting. Die probleem is nie die produk wat ek gebruik nie - die probleem lê in my kop want ek hou net eenvoudig nooit by by voornemings/oefenprogram/diëet nie.

Ek gril elke keer as ek na myself in die spieël kyk en dink hoe pateties ek is - ek kla, kla, kla - maar hou by geen van my voornemings nie. Ek haat dit om so te lyk - het nog nie en sal ook nie gou hierdie somer in swembroek verskyn nie. Ek is nie "obese" nie - ons praat van so 10 kg om te verloor. 35, Vr, 1.7 m - En moenie sê dit is reg nie want ek voel nie gemaklik in hierdie lyf nie - ek weet ek kan baie beter lyk maar die kop werk nie saam nie
Answer 638 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leserin
As jy sukkel om te hou by 'n dieet of oefenprogram dan sal dit dalk help om die motiveringsbande van 'Inner Talk' aan te skaf. Kontak Mandy by mands@innertalk.co.za en vra vir haar oor die produkte wat jou kan motiveer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17872 votes
Vote