Ask an expert
Question

21 Jul 2010

Gewig optel
Is dit moontlik om gewig op te tel of nie gewig verloor omdat ''n mens te min eet? Ek''s 26, 1.72m lank en weeg 45kg. Ek trap elke dag fiets, doen ''n kardio-flex klas een of twee keer ''n week en loop soveel moontlik.

Ek eet meestal weetbix of high fibre bran vir ontbyt, yogurt vir middagete en groente vir aandete. Tussendeur eet ek ''n bietjie droë  vrugte (binne aanbevole hoeveelheid) en ''n paar jellybeans ''n dag. Maar ek verloor nie gewig nie en die afgelope 3 maande het ek ongeveer 2kg opgetel. Kan jy dalk verduidelik hoekom?

Baie dankie!
Answer 686 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lin
Jou huidige BMI = 15,2 wat so laag is dat jy alreeds aan anoreksie ly. Dit word beaam deur jou beskrywing van die karige en ongebalanseerde dieet wat jy inneem, jou drang om steeds gewig te verloor ten spyte van die feit dat jy al so uitgehonger is en dat jy waarskynlik ook oormatig oefen. Dit is almal klassieke tekens van anoreksie. Die effense gewigstoename wat jy noem, is waarskynlik a.g.v. elektrolietwanbalanse veroorsaak deur jou gebrekkige dieet. Gaan asb so gou as moontlik vir professionele hulp na 'n kliniese dieetkundige sodat sy jou kan help om hierdie gevaarlike tendens te keer. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Indien nodig, behoort jy ook 'n kliniese sielkundige te spreek aangesien anoreksie 'n sterk sielkundige komponent het.
Kry asb hulp voordat jy jou gesondheid en toekoms vernietig.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.