Ask an expert
Question

13 Jul 2010

Gewig probleme
Volgens my berekeninge eet ek daagliks tussen 2000 en 3500KJ. Dit is my totale inname. Ek weet dit is te min, maar sodra ek meer as dit eet tel ek gewig op.

Ek eet daagliks (min of meer):
1 Blokkie Weetbix
1 Piesang
Middagete (bv. vis, groente, patat)
1 Bakkie joghurt (Darling light feast 203kj per bakkie)
2 Pyotts Crackerbreads met kaas en sweet chilli sous
3 Koppies koffie met Equal en bietjie melk

Ek kan nie verstaan hoekom ek nie gewig verloor nie en gewig optel sodra ek waag om meer te eet. Ek is werklik moedeloos.

Ek is ''n vrou, 27 jaar oud, 1.63m en weeg tussen 60 en 62kg. Ek wil graag tussen 58 en 59kg weeg aangesien ek dink dit my ideale gewig is.

Help asseblief!!
Answer 929 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Adri
Jou BMI wissel tussen 23,3 en 22,6 wat baie naby aan die ideaal vir jou lengte is. Algemeen gesproke behoort 'n volwasse vrou wat nie op 'n verslankingsdieet is nie, 8400 kJ per dag in te neem, en as sy wil verslank, 6300 kJ. Dus eet jy tans so min dat jou liggaam miskien alle energie in vet omsit om verhongering te keer? Jou dieet is glad nie gebalanseerd nie en jy sal voedingsgebreke opdoen as jy daarmee aangaan. Ek wil jou graag aanraai om 'n dieetkundige te spreek sodat sy/hy vir jou kan evalueer want dit is onmoontlik dat jy so min eet en gewig optel. Iewers moet daar 'n fout wees en dit sal keer dat jy begin gebreke ly as die dieetkundige jou ondersoek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18776 votes
Vote