Ask an expert
Question

14 Jul 2010

Gewig probleme
Ek verwys na my vraag 407.

Baie dankie vir die advies.

Ek voel net so vreeslik moedeloos, want dit voel vir my asof ek nooit die antwoord op my probleem sal kry nie. Ek weet nie of my gewig toename moontlik as gevolg van hormone of dalk iets anders kan wees nie. Ek het ongeveer 2 maande na 9 jaar opgehou met die Pil. Van toe af tot nou het ek amper 3kg opgetel sonder dat ek my dieet verander het. Ek weet nie of dit moontlik water retensie of so iets kan wees nie. Ek ly ook vreeslik aan hardlywigheid. Ek het al verskeie middels (Fybogel, Normacol, ens.) probeer, maar niks help nie. Soms het ek slegs eenkeer ''n week opelyf.

Ek woon in ''n klein dorpie waar nie toegang tot dieetkundiges of spesialiste is nie. Hoe vorentoe?
Answer 1,807 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Adri
Is dit nie moontlik vir jou om een van die groter sentrums te besoek en wel 'n dieetkundige te spreek nie? Liggaamsgewig kan met 'n hele paar kg van dag tot dag, en selfs van die oggend tot die aand wissel a.g.v. soutinname, waterretensie, hormoonskommelings, stres, ens. Sommige vrouens ondervind wel effense gewigstoename as hulle hormoonbehandelings staak, terwyl ander weer gewig verloor - dit is 'n individuele reaksie. Jy het vantevore genoem dat jy so 'n besonder lae energie-inname het, en dit is waarskynlik die rede vir jou hardlywigheid. Daar is net nie genoeg kos om jou dermkanaal te prikkel om gereeld te wees nie. Maak tog asb 'n plan om 'n dieetkundige te kontak in een van die groter sentrums in jou omgewing en gaan sien haar want ek raak bekommerd dat jy ook vitamien- en mineraalgebreke ontwikkel as jy so min eet. Onthou tog ook dat jou BMI alreeds amper ideaal is en dat jy nie nodig het om nog gewig te verloor nie.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.