Ask an expert
Question

29 Jan 2003

Gewig staan stil
Hi doc

Ek is 1.68 m en weeg 61 (34j)- ek wil graag 58 weeg maar sukkel al 'n jaar lank. Ek maak gebruik van die voorgestelde dieet op die webpage en ek draf elke 2de dag ongeveer 30 min - tussen in doen ek die shape up for summer program. Die meese van my liggaamsvet sit om my maag en middel. Iewers moet ek fout maak want my gewig kom nie af nie - ek weet my BMI is reg en dit kan ook wees waarom ek so sukkel - is daar aanpassings in die dieet wat ek kan doen - ek raak gou hardlywig as ek stysel inneem. Eet net volgraan brood, geen rys, mieliemeel, koekmeel, - ontbyt is al vir 5jaar hi-fibre bran met skim milk sonder suiker. Ek eet ook gluten free ricecakes saam met aandete. Ek eet wel rooivleis maar sny al die vet af wat jy kan sien. Middagete is gewoonlik 'n broodjie sonder margarien en dan eet ek so 3 vrugte gedurende die dag. Ek drink 2 koppies koffie per dag en verder sal ek rooibostee drink - alles met skim-milk en 1 teelepel suiker. Drink ook so ses glase water.

Byvoorbaat dankie vir u hulp.
Answer 1,027 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Af
Aangesien jou BMI = 21,1, wat al effens laer is as die ideaal van 22, sal jou liggaam hierdie pogings van jou teenstaan. As jy probleemareas het, dan kan ek net voorstel dat jy hierdie teikengebiede met oefening bewerk - het Fitness Doc vir jou 'n program gegee wat spesifiek op die maag en middel werk? Indien nie, vra gerus. Verder kan jy by sommige skoonheidsalons behandelings kry soos 'body wrapping', ens, wat kan help vir die Selluliet. Bel vir Lillian Terry International by (012) 361-2606, en vra oor die Cellulito Aromeopathic Complexes.
Moenie jou liggaam afbreek deur al hoe meer gewig te probeer verloor - dit kan uitloop op Eetsiektes soos anoreksie en bulimie - en dit moet jy ten alle tye vermy.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17921 votes
Vote