Ask an expert
Question

17 Aug 2007

Glucofast
Hallo Diet Doc

Ek wil net graag meer weet van Glucofast en die effektiewietyd daarvan, ek is op eltroxin vir my skildklier, maar is so 20kg oorgewig en het ook al alles in die boek probeer maar met geen geluk. Ek het gaan lees oor die simptome van Insulin Resistance en ek moet sê dit klink net soos ek.

Wat is die side effects van die produk.

Baie Groete
Answer 842 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Diskus
Alhoewel dit baie moontlik is dat jy wel aan insulienweerstand ly, moet jy asb nie sommer begin met 'n medikasie soos Glucofast sonder dat jy getoets is deur jou dr om die insulienweerstand te diagnoseer. Gaan sien dus jou dr en vra hom/haar om jou te laat toets vir insulienweerstand. Indien jy wel aan insulienweerstand ly, is dit noodsaaklik om 'n dieetkundige te spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat die oorgewig, en insulienweerstand aanspreek. So 'n dieet is gegrond op voedsels met 'n lae glisemiese indeks (GI). In die tussentyd kan hy kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en 'The Right Approach' en die artikels oor die GI lees, maar moenie sommer produkte gebruik vir toestande soos insulienweerstand as jy nie 'n korrekte diagnose het nie.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17879 votes
Vote