Ask an expert
Question

02 Jun 2011

Hartkloppings
Hallo Dok!

Ek is ''n dame van 27 jaar. Ek sukkel van my kinderjare af met hartkloppings en is daar al deur my dokter gesê  dat ek ''n hartklep het wat lek. My familie het ook geskiedenis met hartprobleme bv. my pa wat al drie hart aanvalle gehad het, ''n dubbele hartomleiding en onlangs sy pasaangeer. Ek het so twee maande terug opgehou met rook na ''n tydperk van so 5 jaar.

Op die tweede dag na ek opgehou het het my hart begin snaaks klop, partykeer vinniger en party keer asof dit ''n paar slae stadiger en dan weer normaal, tot op so punt dat party aande ek moet regop sit en slaap met geen drukking op my bors of in die middel van die nag wakker word met hartkloppings en na ek geeet het of vinnig geloop het (nie eers draf nie) dit op die ergste was en voel of ek kan flou val. Die afgelope paar dae het dit nou weer niks gedoen na omtrent ''n periode van 2 maande nie. Ek wil net graag weet of dit maar ''n ontrekkingsimptoom was en/ of ek ''n kardioloog moet raadpleeg. Ek is iemand wat daarvan hou om oefening te doen en te draf, maar is bang dat as ek weer begin ek dalk iets kan seer maak.

Baie dankie!
Answer 2,772 views
Expert
Cardiologist
Cardiologist

01 Jan 0001

Hallo El-Ray.

Eerstens, onthou dat hart aanvalle te doen het met die slagare van die hart ("koronerevatsiekte").

Met andere woorde, hart aanvalle gebeur as gevolg van probleme met die loodgietery van die hart. Harkloppings het te doen met die elektriese stelsel, iets heeltemaal anders. Jou risko van hartaanval, op die jong ouderdom van 27, is baie laag - veral omdat jy nou opgehou het met rook.- en jou pa se hartprobleme is nie van toepassing op hierdie stadium van jou lewe nie.

Tweedens, jy sal nie enige skade aan die hart veroorsaak met oefening nie! Inteendeel, oefening is belangrik en wenslik en behoort baie voordele vir jou te he.

Derdens, die hartkloppings. Ek dink nie hulle is onttrekkings simptome nie. (Jy het hulle gehad lank voor jy begin rook het.) Hulle kom baie dikwels in jong vroumense voor en is gewoonlik glad nie gevaarlik nie. Nieteenstaande, dit is 'n goeie idee om 'n kardioloog te raadpleeg as jy nooit een gesien het nie.

Hy/sy sal vir jou hartkleppe kan kyk en indien nodig ondersoek instel op die hartkloppings - bv met 'n 24 uur EKG om die aard van die hartkloppings vas te stel. Daarna, lyk dit vir my, hy/sy sal jou kan gerus stel, dat jou hart gesond is en jy kan voortgaan met normale lewe met gemoedsrus - insluitend oefening!

Sterkte!

JT
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.