Ask an expert
Question

27 Jun 2011

Hello
Ek wil graag my vrees met iemand deel, my seun, nou 26 was 10 jaar lank ''n heroin verslaafde maar is sedert 8 jun 2006 skoon, nadat hy massiewe oordosis geneem(seker die 4de een), toe in ICU en ligte breinskade oorgehou het. Hy moes BAIE hard werk om weer op te staan en is vandag stabiel in sy werk en het ''n pragtige vrou, hy het onlangs vir die 1ste keer 1 bier gedrink maar ek was byna dood want ek het angsaanvalle van al die jare se " saamleef"  met sy siekte oorgehou en sukkel ook nou met kompulsiewe obsessiewe gedrag, nagmerries ens. Ek is sooooooo bang hy val weer, hy verseker my oor en oor, maar glo my, once an addict always an addict, alhoewel sy vrou my verseker alles gaan goed. Ek sal my lewe gee vir my kind, hy is nou 27. Ek begrawe hom gereeld in my drome! Het ek meer hulp as hy nodig op die oomblik? Ek dink so, miskien ly ek aan post troumatiese skok, van al die jare se hel?
Dankie dat u geluister het
Answer 852 views
Expert
Addictions expert
Addictions expert

01 Jan 0001

Geagte Charlotte,

Dankie dat jy jou ervaring oor jou seun se verslaving met ons deel. Dit kon nie maklik vir jou gewees het nie om by te staan en te sien hoe hy sy lewe verwoes. Hy het n bietjie skoontyd opgebou, maar daar is nogsteeds vrees by jou dat hy nie terug val nie. Al wat jy rerig kan doen is om hom te ondersteun in sy herstel. Jou vrees is een wat alle moeders nooit in hulle lewens wil konfronteer nie. Hou ons ingelug oor sy vordering. Ons hou jou in ons gebede en Dankie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17886 votes
Vote