Ask an expert
Question

24 Jan 2008

Help
Diet doc

Ek is verward. Ek moet tussen 1200 - 1550 cal. per dag inneem, maar op die webblad van julle staan daar dat mens nie meer cal. moet inneem as wat jy verbrand nie. Hoeveel ure moet mens dan oefen elke dag om nie gewig op te tel nie.
As mens `n uur elke dag stap verbrand mens maar slegs 660 cal.
Help asb.
Answer 712 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Kalorie-Verward
Onthou tog dat jy elke dag baie meer energie verbruik om jou liggaamsprosesse aan die gang te hou as wat jy op oefening gaan spandeer tensy jy 'n top atleet is. Algemeen gesproke het volwasse vrouens 2000 cal per dag nodig om hulle gewig te handhaaf. Om gewig te verloor moet die energie-inname met ongeveer 500 cal per dag verminder word, soos ook vir jou gesê is (1550 cal/dag). Mits jy jou energie-inname so verlaag en ook oefening doen soos vir 30 min te stap per dag (330 cal) dan sal die proses van gewigsverlies aan moedig. Gebruik dus jou dieet en doen elke dag 30 min oefening en jy sal gewig verloor.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.