Ask an expert
Question

20 Nov 2005

Help asb Depressiewe kind
Antwoord my asb in Engels of Afrikaans maak nie saak, ek kan net myself beter verduidelik in my moeder taal.

Ek is 'n jong moeder wat my seuntjie in matriek gehad het (natuurlik ongetroud) 6 jaar later met 'n ander man getrou en was vir 4 jaar in 'n baie ongelukkige huwelik. My seun het natuurlik die eerste paar jaar van sy lewe saam met my by my ouers gebly en die laaste 4 jaar tussen al die bakleiery grootgeword, en is nou omtrent 'n jaar terug deur 'n egskeiding saam met my. Die enigste man wat hy ken as 'n pa, stel ook nie regtig belang in hom nie. (Sy regte pa ken hy glad nie)

My seun is in werklikheid baie intelligent maar presteer baie swak op skool en het ook geen belangstelling om beter te doen of het geen pligsgetrouheid wat huiswerk aanbetref nie. Hy is klein vir sy ouderdom (korter as sy maaitjies) en was en ek dink word steeds afgeknou deur van die kinders. Hy huil baie maklik, al is hy nou al 11. Hy is ook baie humeurig en kan skielik in 'n ander bui verander sommer so sonder rede.

Ek het nou uiteindelik wakker geskrik en kom agter dat my kind 'n probleem het. Hy loop en praat blykbaar sommer oop en bloot by die skool oor selfmoord en rook skelm en is afknouerig en soek vir bakleiery op die skoolgronde.

Ek is op soek na iemand wat my kan help met die kind (professionele hulp). Ek het nie 'n mediese fonds nie en is eintlik op soek na iemand wat vrywilligheidswerk doen en wat bereid is om 'n pad met my kind te loop????????????????
Answer 1,222 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

HEllo Moeder,
Sounds as though he is indeed bothered emotionally by the divorce and separations, and maybe also he could be being bullied at school ( maybe also buullying ). But the most worrying thing is that he is talking of suicide, something one can never afford to ignore. I would certainly prefer that he be seen by a properly skilled psychologist / psychiatrist, preferably a child psych. I appreciate the financial constraints. Is there any facility available for such a referral through the school ? Explore what could be available through your nearby bigger state / provincial hospitals, and perhaps through the dept of psychiatry / psychology at your nearest medical school. And do call Lifeline, which may know of free or low-cost services near where you live.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.