Ask an expert
Question

23 Jul 2005

Help ek is desperaat
Dr ek is op die oomblik 103kg. Dis die swaarste wat ek al ooit in my lewe geweeg het. Het verlede jaar 'n nood rugoperasie gehad en dis waar my gewig begin het. My gewig was die meeste van die tyd tussen 84 en 90 ..wat ook nog te swaar was. Op die oomblik drink ek Roaccutane vir my vel. Soos u sal weet mag ek geen oefening doen nie. Ek sal dit baie waardeer as u my 'n riglyn kan gee hoe om gewig te verloor. Ek is 1.67m en 47jaar oud.

Baie dankie!
Sal wag vir u antwoord
Answer 1,021 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste TJ
Jou huidige BMI = 36,9 wat vetsugtig is. Selfs op 84 kg was jou BMI = 30 en in die vetsugtige reikwydte. Om terug te keer na 'n normale BMI van 25 sal jy moet 70 kg weeg. Aangesien jy dus meer as 30 kg sal moet verloor, sal ek aanraai dat jy Xenical probeer. Dit word saam met 'n baie-lae-vet-dieet gebruik en kan baie goeie resultate gee. Praat met jou dr oor Xenical. Dit is egter baie duur en dit sal help as jou dr kan motiveer dat jy die Xenical op jou Chroniese Medisyne voordele kan kry. Hy/sy behoort dit te kan motiveer, want jou oorgewig bedreig jou gesondheid. Vra dan ook vir die dr of jy mag swem sodat jy op een of ander manier meer aktief kan word, want oefening bly een van die beste maniere om gewig te beheer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9322 votes
No
67% - 18665 votes
Vote