Ask an expert
Question

06 Mar 2003

Help my asb voordat ek iets verskrikliks aanvang
Ek sukkel nou al vir baie jare met oorgewig. Ek het elke pil en elke dieet op die mark probeer. Van 'n normale geblanseerde dieet tot hoê proteine tot lae vet, van geen koolhidrate tot koolsop, van ophou eet tot net groente, noem dit maar - ek het dit probeer. Ek het al gedraf (en ligamente geskeur), gaan stap, fiets gery ens. SONDER SUKSES.
Ek is werklik nou moedeloos en weet nie hoe om aan te gaan nie.

Help my asb met ENIGE iets wat sal help. ENIGE IETS, maar verkieslik daardie wonder pille waarvan ek nog net gedroom het.
Ek is DESPERAAT
Answer 1,085 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Moeg Gesukkel
Ek wil eerstens aanbeveel dat jy 'n endokrinoloog spreek sodat hy/sy kan vasstel of jy aan een of ander hormoonwanbalans ly - bv tiroied, vroulike hormone, insulienweerstandigheid, ens. Dan beveel ek aan dat jy daardie geneesheer of jou huisarts vra vir Xenical, 'n middel wat verhoed dat die vet in voedsel geabsorbeer word. Hierdie medikasie werk baie goed veral vir persone met hardnekkige oorgewig, maar dit moet deur 'n geneesheer voorgeskryf word en aangesien dit duur is, moet die dr motiveer dat jy dit deur 'n mediese skema kan bekom.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17921 votes
Vote