Ask an expert
Question

05 Jul 2010

Hi Doc
Ek raak duiselig/lighoofdig/dronk in die kop as ek net aanmekaar iets doen. Dit gebeur gereeld.Byvoorbeeld, vanoggend het ek net my bed opgemaak, pap gemaak en kinders se klere uitgehaal na ''n stort toe is ek " dronk in die kop" . Ek is onfiks en het vanoggend probeer (na vele onsuksesvolle ''attempts in 3 maande) om met ''n oefenprogram te begin by die gym en het ook dizzy geword.Al wat ek gedoen het was vir 4min op ''n fiets te trap, na rus weer 3min, na rus weer 2min, na rus weer 1min en het net elke keer die intensity hoer gemaak. Ek is 42 jaar oud, is nou vir ''n jaar op anti-depressant (cilift). Het 2 maande laas ''n vitamin aanvulling gebruik met genoeg yster in. Kliniek suster het aanbeveel dat ek my ystervlak moet toets - is dit al rede hoekom ek so voel? ek het gister begin biostrath pille gebruik, is dit genoeg of moet ek nog steeds ysteraanvullings gebruik? Dankie.
Answer 995 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Bell
Is jy lighoofdig of draai duiselig? Lighoofdigheid kan veroorsaak word deur bloeddruk probleme of onreelmatige hartklop. Draai duiseligheid word baie keer veroorsaak deur 'n middeloor ontsteking of vestibulitis. Bloed armoede kan jou ook moeg, uitasem en duiselig maak. Dis beter dat jou dokter kyk wat die probleem is?
dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.