Ask an expert
Question

02 Jan 2008

hiatus hernia
my dr het 'n hiatus hernia van 5 - 7 cm by my diagnoseer na 'n "kamaratjie sluk" oefening.

Ek kry gereeld pyne op my bors area, konstante sooibrand en letsels in slukderm, hart kloppings ("normale" hartklop ± 90 - 120 p/m rustend terwyl ek 'n 5mg betablokker gebruik elke dag). bloed druk normaal, linker ventrikel klep sluit nie normaal nie, is 'n diabeet.

hart chirurg en gastro-??? chirurg het DRINGENDE operasie aanbeveel. kan dit wees dat bg. sommige v/d "hart" simptome bv. harklop, borspyn ens. kan veroorsaak?

Is 'n 5 - 7 cm breuk groot?

Chirurg voel dat hy sal om "oopsny" aangesien dit nie moontlik is om die "groot" breuk reg te maak met 'n laparoskopie nie.

ek het teruggegaan in H24 argiewe maar kry nie antwoord(e) wat ek soek nie. Help asb!!!!
Answer 4,033 views
Expert
CyberDoc
CYBERDOC

01 Jan 0001

Hallo raad nodig!!
Ja 'n hiatus hernia kan vir jou borskaspyn gee - sien http://www.health24.com/Man/Common_conditions/748-770-3429,11953.asp
'n 5-7 cm breuk is nogal groot - amper soos jou vuis. As mens 'n para-esophageale breuk het, maw 'n deel van die maag het opgestoot in die borskas, en dit nie kan terug gaan nie, is dit beter om dit te opereer, aangesien dit kan ulcers vorm in daardie deel van die maag of die slukderm.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.