Ask an expert
Question

28 Jan 2008

Honde wette
Ek weet nie of iemand my hier kan help nie. Ek het saterdag met my hond gaan stap. Een huis waarby ek verby gestap het se hekke was oop en die man se hond het my hond aangeval. Na 'n lang en uitputtende keerdery het iemand my kom help en die hond weer by sy jaard laat ingaan. Die einaar van die hond het net die hek toegemaak en weggestap. my hond was aan die keel gebyt en gelukkig nie stukkend nie.

Toe ek terugstap, kruip daai selfde hond onder deur die draad en hardloop weer op my af. ek het hard gegil om hulp. Ek het op die einaar gegil en gesê hy moet sy hond in die jaard hou en sy drade laat regmaak. Hy sê dit is my skuld dat sy hond my hond aangeval het en ek kon 'n ander roete gestap het. Ek het vir hom gesê sy hond is aggresief en kan 'n kind byt. Hy het gesê dit sal nie help hy maak die gate toe nie, want die hond spring elkgeval oor.

Is daar wette wat mens kan voorlê. Die man is nalatig! Hy wou weet moet hy MY nou gelukkig hou en mure om sy huis sit.
Answer 3,777 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

U kan die DBV nader vir hulp.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.