Ask an expert
Question

22 Jun 2011

hoofpyn en duislig
hi
wonder of jy my dalk kan help. ek was in 2008 in n moter ongeluk gewees en van daar af het ek elke dag hoofpyn en sal soms duislug word. ek raak soms 3 -4 keer n dag duislug en my hoofpyne voel asof my kop gaan bars.

enige raad vir my groot asb ek kan dit nie meer vat nie.
Answer 5,112 views
Expert
Headache expert
Headache expert

01 Jan 0001

Beste Bianca,

Dit gebeur dikwels dat hoofpyn na ‘n ongeluk of beseering kan begin. Al genees die oorspronl;ike beseering, bly die hoofpyn. Al manier om dit te behandel is om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te bepaal is dit belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is die volgende stappie om ‘n “multidisiplinere” ondersoek te laat doen. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.