Ask an expert
Question

02 Aug 2006

Hopelose situasie met stiefdogters
Ek het voorheen raad op hierdie forum gekry rakende my 2 moeilike stiefdogters, veral oor die 13jarige een wat rook.
Haar ma het haar vroeër die week uitgevang dat sy rook en ons het per e-pos daaroor gesels. Die ma vertel my toe dat die kinders elke naweek wat hulle terugkom van ons af nie kan wag om te kom lelik praat oor my nie en oor al my foute wat ek maak. Wanneer hulle na ons toe kom, kan hulle nie weer wag om te kom skinder oor hulle ma nie, en gebruik selfs woorde soos dat sy 'n "hoer" is ens. Die kinders vloek ook hul ouma en oupa, hul ma se ouers.
Die kinders se pa doen niks aan hierdie situasie nie, hy's onder erge stres by die werk en werk ook naweke skofte, hy's self naby uitbrand, hy's eintlik hopeloos op hierdie stadium. Naweke wanneer hy werk, dan sit ek met die twee ongeskikte kinders. My man het die manier om wanneer daar probleme is, net stil te bly en te wag dat dinge hulself uitsorteer, dit is belaglik want dit werk nie so nie.
Ek het al my bes probeer om vir hulle goed te wees, presente gekoop, vriendelik gewees al is hulle dikbek ens.
Gisteraand het ek vir my man gesê ek gaan van nou af elke 2 weke na my suster in Jhb, dan kan die 2 meisies alleen by hom kom kuier. Of dit, of hulle kom nie, want ek praat nooit weer met hulle nie, ek het genoeg gehad.
Ons mediese fonds is uitgeput, ons het nie geld vir beraders of sielkundiges nie, maar ek is al lus om die kinders se skool te bel om 'n afspraak by die skoolsielkundige te maak, maar ek glo dat hulle daar ook net ander mense sal slegpraat en die skoolsielkundiges sal manipuleer.
Answer 1,886 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Sounds like the kids, as often happens, are trying to set you and their ma against each other, and to take some advantage from any conflict they can stir up. Wise of you and the ma to communicate between yourselves, to minimize this effect. Maybe the schopol psychologist can help,and you should arange to speak to him / her first, to put them in the picure and remind them that these are two very manipulative kids
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17914 votes
Vote