Ask an expert
Question

05 Feb 2003

Hormoonvervanging
Soos versoek gee ek net weer besonderhede:

Ek het vir ongeveer 5 jaar Trisequence tablette gebruik en het nou my eerste maand se voorraad van Trisequence Forte klaar gebruik. Ek wil graag weet of daar enige newe-effekte kan ontstaan. Ek merk op dat my enkels later in die dag geswel is, is dit moontlik as gevolg van die nuwe sterkte tablette?

Byvoorbaat baie dankie vir u hulp en raad.
Answer 1,063 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Chrisjan, ek twyfel of jy ernstig newe-effekte sal ontwikkel aangesien jy al vir 5 jaar op die Trisequence® was. Die geswelde enkels is waarskynlik as gevolg van iets anders, maar dit is moontlik dat dit as gevolg van die Trisequence® is. Die beste sal wees om jou dokter te sien en seker te maak dat dit nie as gevolg van iets soos hoë bloeddruk, hart of nier probleme is nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.