Ask an expert
Question

05 Jul 2010

Hulp
Goeie Middag

Ek wil graag weet of dokter van die volgende dieet weet, jy spuit jouself in en saam met die inspuiting gebruik jy pille. Die gewigsverlies is tot 1kg per dag en die dieet is blykbaar baie duur. Weet dok van hierdie dieet, dit is die eerste keer dat ek hiervan hoor.

Baie dankie.
Answer 539 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Sweetie
Daar is so baie diëte op die mark, dat dit onmoontlik is om op hoogte van sake te bly. Maar hierdie dieet wat jy beskryf, klink soos 'n variasie van die 'Dieet waarvan almal praat' wat op sy beurt 'n variasie is van die Atkins hoë-proteïen, hoë-vet-dieet. Die pille en inspuitings klink nie vir my soos 'n goeie idee nie, want die inspuitings mag groeihormoon bevat wat nie vir normale volwassenes aangedui is nie. Die belofte dat mens 1 kg per dag verloor, is ook onrealisties - vinnige verlies lei gewoonlik ook tot vinnige optel sodra jy die behandeling staak. Los liewer al hierdie fopdiëte, pille en inspuitings wat so baie geld kos en gebruik liewer 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet met 'n verminderde energie-inhoud en daaglikse oefening om gewig te verloor. Spandeer eerder jou geld op 'n dieetkundige en lidmaatskap by 'n goeie gimnasium of Walk for Life. Dis nie net goedkoper nie, maar ook veiliger.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18778 votes
Vote