Ask an expert
Question

07 Jan 2003

Infeksie in regtermiddel vinger
Ek het 'n jaar gelede 'n infeksie in my regter middelvinger gekry. Die infeksie het versprei na die ander vingers van dieselfde hand behalwe die duim. Na kortisoon behandeling het die infeksie opgeklaar maar die middelvinger het steeds gevoelig gebly. Dit bly kry infeksie maar na kortisoonbehandeling klaar dit op. Dit is nou die vierde keer wat dieselfde vinger ontsteek. Daar is verskeie bloedtoetse gedoen maar dit was almal negatief. Die bokant van die nael het droë bloed onder. 'n Internis en velspesialis kon ook nie vasstel wat die infeksie veroorsaak nie. Ek is aangeraai deur hulle om vitamiene B eksta in te neem. Ek is 'n tegnikus en het my hande nodig en elke keer as ek my regtermiddelvinger effens stamp is dit seer
Answer 2,297 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Frikkie, dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te kan ondersoek. Dit klink asof dit eerder ‘n vorm van ekseem is as ‘n infeksie, maar ek kan geen waarborge lewer nie. Die beste sal waarskynlik wees om ‘n ander dermatoloog vir ‘n tweede opinie te gaan sien. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9249 votes
No
66% - 17778 votes
Vote